
=====================================================================
Sonde met die Cravense bure (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Sonde met die Cravense bure

Chris Heywood,   oud-Stellenbosser wat as Britse akademikus tot in Nigeri en Japan Engels gedoseer het, kom kuier en vertel in skaars 
verroeste, sappige Afrikaans van eienaardige dinge in die Engelse Koue Bokkeveld. Luister hoe hy n 'n leeftyd van Engels -- en met baie 
effense hulp van die Afrikaanse teksredakteur -- sy verhaal in Afrikaans laat leef!

DIE skitterende voorstelling van die Kaapse Afrikaanse letterkundige geskiedenis deur prof. John Kannemeyer op 'n dag lange letterkundige 
toer sal   ek nie maklik vergeet nie. Name en werke het voor jou o en deur jou ore driedimensioneel geword.

By Seepunt en Clifton se tragiese kus en Groenpunt se vuurtoring verby, oor Tmboerskloof (Uys Krige se uitspraak), die Bo-Kaap, Athlone, 
Langa en byvoegsels, deur Stellenbosch met sy biblioteek en sy Helshoogte, deur Daljosafat en die Paarl, waar die suidoos woes deur die 
Monument waai, oor Kraaifontein en rondom Tygerberg het ons hystoe gek.

Op hierdie magiese reis het die silwer woorde en stemme van die Louws en Small, Boerneef en Krige, Petersen en Opperman, van die Sestigers, 
die Vyftigers, die Dertigers, van Du Toit en wie nog meer ons harte opnuut oopgesluit.

Die verskyning van 'n Britse akademikus in die Boland lei tot 'n onverwagte uitnodiging: sal die Britse akademikus iets oor die Afrikaanse 
taal skryf? Sy toekoms ... ? Sou hy bereid wees om iets bymekaar te woel vir ons blad? Alte graag, kom die antwoord.

'n Ruk daarna is prof. Kannemeyer by middagete aan die woord. Ag wat, kyk, wat sou 'n mens nou droor nuuts kan s? Skryf liewers die 
storie wat jy nou net, verafrikaans nogal, vertel het. Dis maar grappies, antwoord ek -- en (skielik verskrik) dalk word dit 'n 
internasionale skandaal as die geheime geskiedenis van die Cravense boere in die Kaap verraai word! Nee wat, antwoord hy, skryf hom -- dit 
ht mos so gebeur, n? Ek verseker hom: Sal ek nou vir die Professor ooit iets anders as die blote waarheid vertel? Hier volg dus di 
fragment -- skuus: brokstuk -- van die Cravense volksgeskiedenis.

Skaars 'n uur se ry anderkant Leeds, by Skipton verby, begroet die Engelse Koue Bokkeveld ons: die skilderagtige en sprokies-belaaide 
berglandstreek wat as Craven bekend staan. Orals 'n bekende naam, Craven, n? Afgelei van craig ("crag" -- krans), verbind met 
(waarskynlik) vann (Ou Kelties vir ... nou ja, volgens die gesaghebbende wat jy verkies: rots, steen). In Craven beklouter ons craigvann se 
kransstene. "Engells es maher iin saaoert Daaiets" (Engels is maar 'n soort Duits), het ons kollega wyle professor Mainland in Sheffield 
op 'n slag die woorde van die gesaghebbende prof. X uit Nederland mooi aangehaal. Plekname in Engeland is by die eerste aanblik skaars 
herkenbaar. Elders onder Dietssprekendes en ietssprekendes word deur plekname dikwels die geaardheid van die plaaslike bevolking of 
landstreek blootgel: Seepunt, Wynberg, eGoli, ens. In die Britse Eilande word plekbenaming onskynlik tot volksverduistering aangewend. 
Hoe kan so 'n aardige ou taaltjie tot wreldtaal ontwikkel (of liewers: ontaard) het?!

Di saak kan nder bespreek; ns laat ons verhaal nie verdwaal nie. In die wreldonbekende pub The Craven Heifer daar op die hoek in ons 
outydse Craven-dorpie oorkant die mooi ou en laaseeu herboude kerk, word legendes van die eens beroemde Kranssteen Vers ("Craven Heifer") 
van die Cravense kalksteenlandstreek nie dikwels oorvertel nie. 'n Mens verfris hom/haar deesdae eerder met behulp van legendes uit die 
naweek se voetbal, krieket ens. Nogtans: rens binne of digby hierdie kroeg is onlangs geopenbaar dat onder die wreld se misdaadgrootstede 
ons ou dorpie tot Chicago-rang gevorder het, en nogal in 'n bedryf van nasionale, selfs internasionale belang, naamlik die veeteelt. Of 
koeieslag, kan ons liewers s.

Die jongerige beesbeampte van Londen (of dalk Nottingham of rens anders doer ver in die suide) het -- so lui die verhaal -- juis in 
hierdie kroeg ingestap gekom, sambreel netjies opgerol, briefsakkie onder die arm. "Any cows here?" heuningpraat hy by die krokodiltrane 
verby, en word verwys na die boer Bert (naam volgens geheue). Sambreeltjie daag by ouboet Bert se werf op, en boertjie daag hom uit: My 
koeie? Toets maar, ons boer skoon en gesond hier; jy vind g'n skande hies h!

"Sorry, sir," s die beampte teen agtermiddag, hande gewas, hoed op en handskoene weer aangetrek. "Your herd is one hundred per cent 
infected." Alle beeste op hierdie plaas ly aan die malbeessiekte. Die druipore, nat neuse, vogtige o, bietjie wankelend loop en die kop 
skud, dergelike simptome bewys niks. Deurslaggewend is egter ons bloed- en senuweeveegseltoets. Hierso's die uitslag. Waarskynlik lees u in 
die koerant dis geen saak van mikro-organismes nie, eerder van ontaarde molekules.

Nog nooit, weier oom Bert met groot, ronde, onskuldige en verbysterde o om die man te glo. Hoe kan so iets gebeur? Ons hou mos alles skoon 
hierso. My beeste kan jy sien is gesond, maar net soos ons self af en toe bietjie vaak. Kyk, ek is geruneer. Dis sonde met die bure.

"No trouble, sir," verseker die beampte hom. "Vul vanaand nog hierdie vorms in, posvry in hierdie koevert, dan verskyn die vergoedingsgeld 
oor 'n paar weke outomaties in u bankrekening. Geen verlies; die besmette koeie ... molekulr-ontaarde beeste ... verdwyn pynloos. Van 
sonde met die bure kan hoegenaamd geen sprake wees nie ..."

Nou ja, kort daarna trek oom Bert weer 'n slag met sy vragmotor in die Cravense kontrei rond en vra uit onder die boere. Het jy dalk beeste 
wat verstar rondkyk met nat neuse, druipore, vogtige o, dalk skud hulle ook wankelend hul koppe? Twee, drie, s jy? Nou kyk, ek koop hulle 
sommer vir kontant, "cash, no questions". Die veegoed verdwyn pynloos, daar's g'n skande nie ... Bert ry sowaar elke slag huis toe met so 
'n tiental aangesteekte beeste. Die kontant wat hy uitgee, is vanselfsprekend skaars die helfte van die belastingvrye vergoeding wat in sy 
bankrekening opdaag.

'n Maand of ses weke later kom staan daar 'n ander jongerige ou van die regering in hierdie kroeg en vra: "Any mad heifers around, ha ha?" 
Hy word na ouboet Bert verwys en die storie word herhaal.

Ten slotte word ons deur ons betroubare bron vermaan om nooit die Europese Unie se mense in Brussel hierdie dinge te laat hoor nie ... 
Loutere sprokies, was my gedagte. Nee wat, in ons skilderagtige Cravense agterplaas onmoontlik. Dis maar net 'n geval van beterweterigheid 
onder die Angel-Saksiese boere -- 'n "trickster"-verhaal uit die volkswysheid se dieptes.

En toe, op pad Kaap toe, hoor ek oor die radio dat van die Engelse vergoedingsgeld vir malbeessiekte vyftig persent afgetrek is! Prof. 
Chris Heywood   het onlangs as professor in Engels aan die Universiteit van Okajama in Japan afgetree. As Honorary Research Fellow aan die 
Universiteit van Sheffield is hy tans in Yorkshire met letterkundige navorsing besig. Vroer was hy 34 jaar as lektor en senior lektor aan 
hierdie universiteit verbonde en in daardie tyd twee jaar professor in Engels aan die Universiteit van Ife in Nigeri. In opdrag van die 
Cambridge University Press skryf hy tans "A History of South African Literature", en vir Broadview Texts (Kanada/Londen) versorg hy 'n nuwe 
uitgawe van Emily Bront se Wuthering Heights. Sy loopbaan het op Stellenbosch begin, waar hy aan die Paul Roos-gimnasium en die 
Universiteit gestudeer het. Daarvandaan is hy met 'n Rhodes-beurs na Oxford om die Engelse taal en letterkunde te bestudeer.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5221.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

